Sondag Oggend Diens

16 November 2025

Aan die Woord: Willem Emmenis

Boodskap begin vanaf die 36 minute merk

Nadenke

Daar het 'n radio ook gestaan en speel. Die omroeper op die radio het gesê: "Hier is darem vir 'n verandering goeie nuus". Hy het toe genoem van 'n groot hoeveelheid mense wat dood is en dat daar verwagtinge is van nog 'n aantal wat gaan sterf. Willem



Hierdie boodskap was vir die gemeente bedoel vandag. Ons kan nie durf terugval op 'n gewoontediens nie. In Willem se visioen sien hy een met 'n hoed op sy kop. Hy weet dit is die satan. Ek word herinner aan die sluier wat genoem word in 2 Korinthiërs 3:13. Sou ons terugval in dooie godsdiens sal dit die oop deur wees waardeur die satan ons verlei deur 'n sluier oor ons oë te trek. Ek is geskud deur hierdie boodskap en ek weet dit is 'n oproep om die Here te dien in gees en in waarheid. Rekenaars maak dinge outomaties en soos die loods van 'n 737 Max-8 vliegtuig te laat uitgevind het, het rekenaar outomatisering hom en sy passasiers in die ongeluk gebring want die loods was verblind deurdat hy soos oudergewoonte op sy stelsels staat gemaak het in 'n kritieke tyd instede daarvan om die vliegtuig te vlieg op die basiese beginsels.

Aangaende Willem se geskeurde klere en die koortjie van die geskeurde hart word ek herinner aan Joël 2:13 (tydens diens het ek dit verkeerdelik aan Jesaja toegeëien) "Skeur jou hart en nie jou klere nie". Dit is só duidelik dat die Here is opsoek na mense na Sy eie hart. Die waarskuwing in die visioen is dat diegene wat buite die kring staan van te wees na die Here se hart, staan in uiters gevaarlike grond. Kom nader gemeente! Kom nader! Gou! Des