Aan die Woord: Des
Nadenke
Wanneer ons onder druk kom, dan verander ons prioriteite baie maklik. Maar nie so met Jesus nie. Alhoewel Hy onder die ergste druk was, het Sy prioriteite onveranderd gebly
totdat Hy sy doel bereik het.
Vanaand beklemtoon ons basiese prioriteite om 'n vaste fondasie te bou:
Die brood van die lewe.
Die fontein van lewende water.
Rus vir my siel.
Lig vir my pad.
Vriendskap met Jesus.
Bou jou huis op hierdie fondasie sodat dit kan staende bly.
Des