Aan die Woord: Des
Boodskap begin vanaf die 49 minute merk
Nadenke
Die bruid as al moeg en oud en die uur is laat. Maar staan op jou voete en werk! Die dag van die Here is naby. Des
"Oud, maar nog baie skop!"
In die diens: tannie Chrissie het 'n visioen van 'n bruid gesien. Sy was onbewus van my boodskap oor die toestand van die bruid van Christus. Ook 'n visioen: Tannie Chrissie het 'n man op 'n perd gesien aanhardloop met 'n stowwerige pad. Rooibruin perd met 'n ruiter wat lyk soos 'n cowboy. Sy het die hoed, stewels en die rewolwer in die holster om sy lyf gesien. Dit was daglig in die visioen. Sy het vir 'n verduideliking uit die Gees gevra en Openbaring 6 gekry. Neem kennis van die perde wat daarin hardloop. Des
Groot dankie aan tannie Marianne wat vir ons die nagmaal tafel voorberei het op kort kennisgewing. Des
Op die afsluiting vanaf die 1uur en 53 minute merk is dit heerlik om vir Leon Maritz op die klavier te hoor. Kan ek nou aftree asseblief!? Welkom by ons Leon. Des
Naslaan werk: Dana Coverstone: kom uit terwyl jy kan en vat ander saam met jou. Kliek hier om te kyk Des